Om liefde te beskryf

Dit is moeilik om die liefde te beskryf as die sterre in die lig, almal al aan die slaap is. Dis erg om gevoelens weg te steek wanneer jou hart heeldag dans.

Woorde beskryf nie die vaagste idee van wat tuimel in jou liggaam en saam jou bloed rondskommel nie. 

Vaalgrys en muisbruin word skielik pers en geel en lemmetjie wanneer oë begin blink en siele êrens ronddobber op die oop en blou-blou water. 

Mag die liefde jou stappie ‘n effense vreugde gee. Mag die liefde jou toelaat om kastele te bou met die bruin van jou goue oë. Mag die liefde elke haat-knoop afruk van die hemp wat lankal al uitrafel en jou vasdruk in jou eie vel. 

Sing vir my in ‘n neurie-stem. Laat jou lag asseblieftog eggo in my hart. En dan, beskryf die liefde met jou oë, met jou iris wat wegholmooi woorde rangskik, met jou klein donkerte, met jou wimper-sinne wat voltooi as elke ooppluk weer toe val. 
Mal Mens

2017.09.08

Advertisements

Jy sal nie verstaan nie…

Jy verstaan nie as ek boeke lees nie. Jy verstaan nie waar woorde vandaan borrel nie. Die storie agter die storie pla jou nie. 
Die woorde raak te veel en die verduidelikkings te min. Die geraas in my kop wemel as jy weerstand bied. 
Jou stories speel af in blomtuine en tussen merske kookpotte. Jou verhale verkleur goudbruin in die oond, maar selfs resep-woorde is vir jou ook te veel. Jou oë kyk met vraag, sonder antwoord as woorde my uit hongersnood kom red.
Met baie bid en vele verhale het ek al woordliefde in jou probeer instop. Ek het gate probeer volmaak wat net vol sal word met praat en kommunikasie, maar sonder woord sonder metafoor… sonder dig…
Jy verstaan nie as DIE BOEKKLUB my fiktiewe dorpie is waar ek viraltyd wil gaan woon nie. Jy verstaan nie die mense wat ook by my kom spook nie…. jy verstaan nie as ek elke sondag sag sing om na die orrel te luister nie… jy verstaan nie. Ook nie my hart nie. In eenvoudige woorde wil ek net kom sê jy sal nooit verstaan nie en jy moet ook nie probeer nie, want ons siele word baie duidelik nie uit dieselfde aarde ontgin nie. 
Myne is boeke en blaaie, pen en ink, papier en musiekverhale. En joune, joune is blomme, kos en kuiers. Dit bestaan nie uit iets nie. Jou siel is net. Jou “is” gaan nie my siel se diepste wese verstaan nie. Dis hoe ons gemaak is en so sal dit wees. 

Selfs al probeer jy eendag die boeke wat ek lees se name uit te spel, selfs al wonder jy een oomblik lank waar dit uitborrel, selfs al soek jy na die storie agter die storie… 

Mal mens

2017.04.07

My ouma Let

​Ouma Letie

n hart van omgee en liefde word keer op keer bewys met benerige hande wat vir niks verkeerd staan nie, van lemon mereigne tot ouma se wafels en haar spesiale wafelsous.  van kaneelkoek tot melktert is my ouma enig in haar soort.
Swart tee sonder melk maar 2 halwe suikertjies en die koppie net meer as halfvol met n beskuitjie of koekie daarby want kaal tee is mos sleg.
ouma doen nog wasgoed op 80. sy gaan winkel toe, sy werk nog met die omkap- en die naaldwerkmasjien. sy werk met naald en garing. En rafels sal jy nerens kry nie.
sorietyd in die winter is die watersak lankal gereed en die bersie nader getrek.  

ouma is lief vir praat. die landlyn kry sy beurt na die stories dan is dit elke kind op die ry se beurt om te antwoord.
Ons ouma was n modepop haar lewe lank. veral skoenehet dieding gedoen. die mooiste rokke vir as sy en oupa uitgaan. die pikanteskoene en hare altyd netjies gedoen. die grimering klaar. met steeds lipstiffie, spieel en poeier in die handsak.
 vir aande van dans was daar baie tyd.   dans was die grootste deel van lekker in die lewe. dans was haar passie en haar stokperdjie vir jare.

ons het ook uit ouma se kas aangetrek.  van kleins af was modeparade in die gange n blink geleentheid om te spog met haar hoe hakke en mooi serpies.
ouma se kookos isdie vanafdieplaas, dieregte plaas, met die regte kos,. sy is die jellie-boffin. niemand se jellie is my oumase jellie nie.k en roomys maak haar skraal neusie drup, lemoene en sitrus vrugte ook, maar roosys blyroomys. wittes. 
Waar bloed nie loop nie, daar kruip hy. So het ouma op al ons kleinkinders afgegee. Van mooi skoene tot dans.
Al het ons nie ons oupa geken nie. Het ouma ons wel geleer van die jong knapie wat by die bank en woonstel kom soek het na die ene mejuffrou schoeman tot die boer wat pa geword het.
Baie geluk met ouma se 80 verjaarsdag. Ons bid vir gesondheid, baie lag en liefde. 
Baie liefde al die kleinkinders
6 Augustus 2016

net my pappa              

net my pappa              


ek onthou hoe ek daardie stil aand onthou het wat emosies moet beteken wanneer iemand jou alles was, en eintlik nog is.
ek onthou dat ek sonder moeite kon  huil, nie oor die feit dat hy nou weg is nie , maar oor die feit dat die leemte nooit gevul kan word nie. ek onthou die seer wat trane plant en die herineringe wat siel-verlangend oor die gang se koue vloer rol.
verlange vreet my op en ek besef my pa is in die werklikheid net ‘n oproep vêr. van voor af bewaar en koester ek die dankbaarheid vir n pa; ‘n pa soos myne. 
met boerskoene ‘n kort denimbroek wat al amper-wit verbleik is van harde werk en ‘n boertjie-hemp, khaki en vuilgroen soos ek dit ken, verlang ek na die pappa-soen van vrydagmiddag, die growwe gesig en die strelende blou oë, die oogknip in stiltes en die sterk treë wat duidelik pa se stap is. my pa in soveel opsigte, maar dit bly my pa.
kleintyd se kwaai was nodig en tienerfase se klompie liefde ook,  want as pa vir jou die kyk gee, dan moet jy maar wéét; dis reg of weg. vir niks sal pappa nee se nie, maar die slag as hy doen, dan weet jy dat sy nee, sy néé is. 
met wêreldkennis en -ervaring soos min, weet ek dat my dads die beste raad kan gee, ongeag die situasie. van hokkie sport en speel, tot leer werk en liefde vir die kerk.
pappa se voetspore is stewig op my hart, want in elke aand se gebedjie kom dwaal hy rond. deurdie dag  sy “my hel” en in die aand voor ete sy “amen”.
pappa – nog altyd ‘n steunpilaar wat my hartswoning stewig hou, die een wat net weet wanneer daar fout is, sonder woord, sonder daad. regte woorde met stemtoon wat perfek skakeer, is sy skouer die beste plek om te gaan huil. 
klein dingetjies wat in grootmaat ooreenstem is ek en paps min of meer, iewat dieselfde. van stil en teruggetrokke, tot dans dat die biesies bewe. pappa is ook die een wat vir my iets waardevols geleer het, waarby ek die res van my lewe sal baat. dit is niks anders as die liefde vir lees nie.
boeke dra by tot wie jy is, dit is een van die vorms waarin jy gegiet en gevestig word. vir elke boek wat jy oop maak, vir elke bladsy wat jy lees en vir elke woord wat jy waardeer, is daar n sleutel. die sleutel sluit die verkeerde weë toe, maar sluit oop dít wat vir jou beskore is. 
in geörganiseerde chaos het ek ook al tot hier gekom. regpak wat nooit ophou nie, en papiertjies ook nie. insig vir die laaste demensie – of dit nou in lewenssituasies is of net op papier – om die draai word gesien en die storie agter die storie word ontsyfer. 
nuuskierigheid is die deurklokkie wat aanklop by navorsing se stoep. die begin van iets groter as die verwagting self.  navorsing, opleees, vluglees en soeklees is deel van die karmenaaitjie wat pappa met liefde en deernis op die stoep los vir sy liefling.
met ‘n gesonde haastigheid, word van produktiwiteit gebruik gemaak, iets wat uitstaan al van kleityd af. met presisie, maar dubbeldoelig word takies en opdragte uitgevoer.
synig van aard het sy voordele, en stilwees ook. maar groot glimlag en baie liefde steek dit sommer vinnig-vinnig weg.  

met ampertjies-wit grys hare en ‘n bles vandat ek kan onthou, is my daddy oopkop. slim, met pitte waaroor die res van ons nét kan droom, is logika by elke deeltjie van sy dna ingesluit.
warm drukkies in die winter en ‘n koel oogknip in die somer is my daddy-teddie die beste beer wat bestaan. my hart loop oor van liefde en waardering vir wat hy nie als vir my sal doen nie. soms aanvaar ‘n mens die liefde van ‘n ouer as vanselfsprekend. die een seëning wat werklik meer as net 2 keer getel moet word. 
handleiding vir die lewe, en rigtingwyser na god, passievolle pappa en die boer op wie ek lankal verlief is. dit is my pappa. met sy oupa-oor wat luister en sy sagse-siel wat gesels kan ek nie anders as dat my hart vannaand net trots pomp en my are rek vir die pappa wat hy is nie. 
suksesvol en geslaagd is hy die pappa vir wie elke blondie wens. pappa is die deel van my hart wat aanhou klop, al dink ek nie altyd daaraan nie.
liefde wat nie beskryf kan word nie

van n plaasdogtertjie wat viraltyd by paps wil kom inkruip

2017.01.30

Eers dán…

En as my hart dieselfde bly weet ek dat net my siel kan huil en net my mondhoeke glimlag.

As elke traan versteek word agter leuens en elke intesie net in bergblou oë vasgevang word. 

As elke stofdeeltjie op die boekrak gaan rus en die swaeltjie terugkeer.
Eers dan sal jy verataan, dít wat woordloos oor my lippe gly en dít wat sien hoe ver jy nog moet stap. 
Eers dan sal jy verstaan wat dit vat om jaar na jaar en dekades daarna nog met dieselfde glimlag na iemand te kyk en eindelose potensiaal sien om lief te hê.
Eers dan sal jy voel hoe duimdrukkers jou gedagtes vasknyp teen denneboomgroen filt vir staatman om te bespiegel.
Eers dan, wanneer jy ander se stories verhaal op verhaal op verhaal kan neerpen met veer en ink, begin tot bittereinde, eers dán sal jy sien, beleef en glo wat jou eie hart se waarheid is. Eers dán sal jy kan glo wat waar is. Eers dan sal jy mosterdgeel en oseaanblou uitmekaar ken, die loerie se roep en die piet-my-vrou, die verlate en die eensame. Eers dán sal jy besef dat elkeen siel, storms en stiltes in die koukie van hul woudlewe vasvang. 
Siel vol gate, soms gestop, en storms vol krag; dalk sonder hoop of moed. Stiltes vol woorde en gevegte wat eindeloos rondhol, chaoties dans en ritmies tuimel.
Eers dan sal my pimpelpers hartsvlekke afgee op stukkies siel wat uitloer verby songebrande wit kantgordyntjies wat skoolhempblou daar opgehang is. 
Mal mens

2017.01.02

Daardie dag toe ons huis toe ry

​My hart is seer

Julle vergeet hoe julle op mekaar teer

Vergeet van dinge wat rusie maak

Onthou julle nog hoe om verlief te raak

Julle is oud en naby aan die stoep.

Julle gaan nie weet hoe om mekaar te roep

Elkeen se naam vergeet

Julle besig om mekaar se siel te vreet
Jammer ek sê wat van my hart af kom

Julle wil nie luister; dis hoekom

In skadu kruip julle weg

kan nie onthou wat dit is om vir mekaar te veg
Ek onthou daardie dag toe julle baklei

Ek het gehuil en ons het huis toe gery

Onbenullighede laat stemme suis

Net daar myself beloof dit gebeur nooit in my huis
My hart luister na seer woorde

Julle is skuldig, pleeg sielmoorde

Vergeet hoe om verlief te bly

Vergeet van liefde, besig om dit te vermy.
2016.11.28

emosie-belaai

​Soms is ons eie emosies juis dié wat ons begrawe. Ons emosies is soms so diep, dat dit eintlik ons graf word.
Emosies is ñ sensitiewe uitkyk op die dinge wat saak maak. Dit is ons gevoel as ons nie aanraking het nie. Die oomblik wat tas meer is as net ñ aksie wat uitgevoer word.
Saggies huil sus in haar kamer. Of skelm prewel ma in die bad. Pa se trane vang stof as hy ontsnap op die plaas. En ek. Ek is nie ter sprake nie, want ek bêre my emosies in die diepste stilte. Nie ñ enkele woord, kyk of glimlag nie. 
Gelukkigheid is die einste emosie wat ons self van die rak af moet haal. As jy nie nou gelukkig is met wat jy het nie sal jy nooit genoeg hê nie. Maar die belangrikste is as jy nie nou geluk kan kies in jouself en saam met God nie sal jy nêrens gelukkig wees nie. Jy is tot alles in staat deur Hom wat jou krag gee. Gebruik ook dan daardie geleentheid om gelukkig te wees.
Omstandighede lei tot emosies, en so dan ook jou reaksie daarop. Alles in die lewe bly ñ keuse. Jy kies vir jouself. Net jy.  Moenie dat die aarde jou insluk nie. Staan op, daar waar jy is en wees die glimlag op ñ dowwe dag. Al laat jy net een ander persoon glimlag. 
Emosies is die breinkrag agter ons opterde. Moenie dat jou optrede die krag agter jou emosies wees nie. Jy is in beheer. Wees seker daarvan. 
Emosies praat harder in dade as woorde self. Gaan leef ñ gelukkig en gaan leef ñ vreugde. Want op die ou einde is dit wat God vir ons bestem het.
Mal mens

2016.11.09