Eers dán…

En as my hart dieselfde bly weet ek dat net my siel kan huil en net my mondhoeke glimlag.

As elke traan versteek word agter leuens en elke intesie net in bergblou oë vasgevang word. 

As elke stofdeeltjie op die boekrak gaan rus en die swaeltjie terugkeer.
Eers dan sal jy verataan, dít wat woordloos oor my lippe gly en dít wat sien hoe ver jy nog moet stap. 
Eers dan sal jy verstaan wat dit vat om jaar na jaar en dekades daarna nog met dieselfde glimlag na iemand te kyk en eindelose potensiaal sien om lief te hê.
Eers dan sal jy voel hoe duimdrukkers jou gedagtes vasknyp teen denneboomgroen filt vir staatman om te bespiegel.
Eers dan, wanneer jy ander se stories verhaal op verhaal op verhaal kan neerpen met veer en ink, begin tot bittereinde, eers dán sal jy sien, beleef en glo wat jou eie hart se waarheid is. Eers dán sal jy kan glo wat waar is. Eers dan sal jy mosterdgeel en oseaanblou uitmekaar ken, die loerie se roep en die piet-my-vrou, die verlate en die eensame. Eers dán sal jy besef dat elkeen siel, storms en stiltes in die koukie van hul woudlewe vasvang. 
Siel vol gate, soms gestop, en storms vol krag; dalk sonder hoop of moed. Stiltes vol woorde en gevegte wat eindeloos rondhol, chaoties dans en ritmies tuimel.
Eers dan sal my pimpelpers hartsvlekke afgee op stukkies siel wat uitloer verby songebrande wit kantgordyntjies wat skoolhempblou daar opgehang is. 
Mal mens

2017.01.02

Advertisements

2 thoughts on “Eers dán…

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s