My ouma Let

​Ouma Lettie

‘n Hart van omgee en liefde word keer op keer bewys met benerige hande wat vir niks verkeerd staan nie, van lemon meringue tot Ouma se wafels en haar spesiale wafelsous.  Van kaneelkoek tot melktert is my Ouma enig in haar soort.
Swart tee sonder melk maar 2 halwe suikertjies en die koppie net meer as halfvol. Met ‘n beskuitjie of koekie daarby, want kaal tee is mos sleg.
Ouma doen nog wasgoed op 80. Sy gaan winkel toe, sy werk nog met die omkap- en die naaldwerkmasjien. Sy werk met naald en garing. En rafels sal jy nêrens kry nie. Storietyd in die winter is die watersak lankal gereed en die bersie nader getrek.

Ouma is lief vir praat. Die landlyn kry sy beurt na die stories, dan is dit elke kind op die ry se beurt om te antwoord.
Ons ouma was ‘n modepop haar lewe lank. Veral skoene het die ding gedoen. Die mooiste rokke vir as sy en Oupa uitgaan. Die pikante skoene en hare altyd netjies gedoen. Die grimering is klaar, met steeds die lipstiffie, spieel en poeier in die handsak.
Vir aande van dans was daar baie tyd.  Dans was die grootste deel van lekker in die lewe. Dans was haar passie en haar stokperdjie vir jare.

Ons het ook uit Ouma se kas aangetrek.  Van kleins af was modeparade op die stoepgange ‘n blink geleentheid om te spog met haar hoë hakke en mooi serpies.
Ouma se kookos is die vanaf die plaas, die regte plaas, met die regte kos. Sy is die jellie-boffin. Niemand se jellie is my Ouma se jellie nie. Roomys maak haar skraal neusie drup, lemoene en sitrus vrugte ook, maar roomys bly roomys. Wittes.

Waar bloed nie loop nie, daar kruip hy. So het Ouma op al ons kleinkinders afgegee. Van mooi skoene tot dans.
Al het ons nie ons Oupa geken nie, het Ouma ons wel geleer van die jong knapie wat by die bank en woonstel kom soek het na die ene mejuffrou Schoeman tot die boer wat pa geword het.
Baie geluk met Ouma se 80ste verjaarsdag. Ons bid vir gesondheid, baie lag en liefde.

Baie liefde al die kleinkinders
6 Augustus 2016

Advertisements

3 thoughts on “My ouma Let

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s