Om te kan “Ma”

Om te kan ma, is ‘n taal. Dit is ‘n taal wat jy nie sal kan praat nie.

Die grootste klomp ongeletterdes wat hierdie taal praat, is juis dié wat dink hulle het al gelees en geskryf, dié wat jare se boeklees bo die ervaring kies.

Ek dink die grootste kwessie wat ons vir onsself skep is juis die wete dat ons onsself soms oor- of onderskat.

Ons kweek nie ‘n liefde vir die taal nie. Met jaar in en jaar uit word mens mos liewer vir jou taal. Soos die taal aan die agterspeen suig en die oorlewingskanse al hoe skaarser word, word mens mos liewer daarvoor, nie moeg nie.

En wanneer die woorde min raak en dit lyk of die taal jou wil afskeep, juis dan gee mens al hoe meer. Nie al hoe minder en seer nie.

Dit is ook ‘n taal op sy eie, met baie variëteite en wat so verskillend kan praat. Ons taal het baie tonge. Ons taal is vrouryk!

Ons taal is Ma!

Dit is die taal wat in ons ingebore is. Ons kan nie help om te wil práát nie. Ons het ons taal lief, al word ons woorde soms minder. Ons het ons taal lief, al wil ons soms stom wees.

Hierdie taal het God vir ons gegee en vir Hom sal ons praat en vir Hom kan ons nie anders as om ook te sing en te lag in hierdie mooie liefhê-taal nie.

 

Al my taalliefde

Mal Mens

2019.03.23

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s